FacebookBannerTop (1170 x 410 px) (2)
Bestel Aanlyn
Welkom hier

Voel vry om te kliek en te lees en te luister en te kyk.  Ons is almal besoekers hier.


Sou jy 'n spesifieke vraag of navraag aan Sidney wil rig, volg die skakel en gebruik die kontakvorm. Hy antwoord soms.


Andersins kan jy hom op sosiale media volg deur op die skakels regs onder aan die einde van die bladsy te kliek. Daar deel hy gewoonlik die nuus oor nuwe boeke of projekte.




welcome-img1
“Gilroy skryf met gemak vir hom ’n welverdiende plek oop op die pawiljoen wat gereserveer is vir ons topkrimiskrywers. Sy skryfstyl is vloeiend en gestroop van oordaad en truuks. Die karakters se doen en late is oortuigend en die dialoog intelligent. Die boek is boeiend en intens, skokkend selfs.”
– Louise Viljoen, Maroela Media
“Ek het ’n sagte plek ontwikkel vir die speurder Sollie Mthembu wat hom so graag as ondersoeker wil bewys. Mthembu se verhaal is werklik fassinerend en baie oortuigend vasgevang deur Gilroy . . . Klikbek verryk ons krimikorpus”
– Jonathan Amid, Rapport
Onlangse Boeke
Klikbek deur Sidney Gilroy
Klikbek

Debuutromanspanningsroman uitgegee in 2019 deur Human & Rousseau

Lees meer
Middernag deur Sidney Gilroy
Middernag

Opvolg op Klikbek, uitgegee in 2020 deur Human & Rousseau

Lees meer
Iemand wat verdrink en ander verhale met Sidney Gilroy
Iemand wat verdrink

Versameling jeugkortverhale saamgestel deur Fanie Viljoen, uitgegee in 2020 deur Lapa Uitgewers

Lees meer
Ingonyama en ander maats met leeueharte met Sidney Gilroy
Ingonyama en ander maats met leeueharte

Versameling jeugkortverhale saamgestel deur Carin Krahtz, uitgegee deur Best Books

Lees meer
Copy of Email Headers (4)
Waar kan ek van Sidney se boeke koop?

Die heel beste plek sal jou naaste boekwinkel of boek-agent wees.  Jy kan, deur vir die titel en skrywer te vra, amper enige boek vind en as hulle dit dalk nie het nie, sal hulle dit beslis vir jou kan bestel. 


Kliek op van hierdie vernaamste boekwinkels en aanlynplatforms wat Sidney se boeke versprei:


Graffiti BoekeExclusive BooksBargain BooksTakealotLoot.co.zaThe Bookkeeper ShopBoeke deur Melanie

Sidney se skryfwerk in die nuus
Untitled-design-2020-03-27T092337.254
2020 
UJ Boekpryse

In 2020 word Sidney vir die UJ Debuutprys benoem vir sy eerste roman, Klikbek.

Lees meer
klikbeksmitgrens-600x369
2020 kykNET- Rapport Boekpryse

In 2020 word Sidney vir die kykNET-Rapport Boekprys vir Film vir Klikbek benoem.

Lees meer
230687321_10159307133005279_707726047157360899_n
2021 kykNET Rapport Boekpryse

In 2021 wen Sidney met Middernag die kykNET Rapport Boekprys vir mees verfilmbare boek

Lees meer
Free-State-farm-shutterstock-Hannes-Thirion-scaled-e1608653573975-2048x1005
"Ek put genot daaruit om te weet dat almal met ’n visuele biblioteek in hul koppe rondloop en dat ek as skrywer sekere beelde en assosiasies met sinne en woorde kan uitlok sodat die leser ’n absolute suiwer beeld in hul geestesoog kan vorm van ’n toneel of karakter. Ek vermoed ek skryf flieks sonder die noodwendige draaiboek."
- Sidney tydens 'n Litnet-onderhoud in 2021