Sidney is in 1980 in Virginia gebore. Later verhuis hy saam met sy familie na Harrismith in die Oos-Vrystaat en matrikuleer hy in 1998 in Newcastle, Natal.

Hy studeer aan die Universtiteit van Pretoria en in 2001 begin hy 'n loopbaan in projekbestuur in die ingenieursbedryf. Hy werk in onder andere Europa, Sentraal- en Noord Afrika.

In 2015 begin Sidney kortverhale skryf, waarvan sommiges bekroon en gepubliseer word. In 2019 verskyn sy eerste roman vir volwassenes by Human en Rousseau en word gunstig ontvang. Later dieselfde jaar verskyn van Sidney se kortverhale in 'n jeugbundel. In 2020 verskyn Sidney se tweede roman, Middernag, 'n broeiende riller met onvergeetlike karakters by Human en Rousseau.

Resente is gaande oor Sidney se unieke skryfstyl wat se gestroopte woorde aan die kaal vlaktes van die Vrystaat herinner en die egtheid in die menswees van sy karakters.

Sidney woon in Johannesburg, Suid Afrika.